Russiese miljoenêr sterf in ongeluk

Natalia Fileva

Een van Rusland se welvarendste vroue, Natalia Fileva, het omgekom in ’n vliegtuigongeluk wat naby Frankfurt in Duitsland was die afgelope naweek.

Die oorsaak van die ongeluk kon nog nie vasgestel word nie, maar die eerste berigte lui dat al di mense aan boord van die ligte vliegtuig gedood is.

Die ligte vliegtuig met ’n Russiese vlieënier en twee passasiers se dood in die westelike deel van Duitsland het skokgolwe deur Rusland gestuur met die nuus dat die dame omgekom het.

Die Russiese miljoenêr was ’n aandeelhouer in die S7 Lugredery wat met die vliegtuig onderweg was op ’n sakebesoek in Europa.

Sy is verlede jaar deur Forbes Magazine aangewys as die vierde rykste vrou in Rusland met ’n geraamde bate van $660 miljoen.