Russiese jeug wil emigreer

President Vladimir Poetin

Sowat 44% van die Russiese jeug in die ouderdomsgroep van 15 tot 29 jaar wil die land verlaat en sê die ekonomie stagneer terwyl die res van die wêreld vooruitgaan.

Gallup, ’n erkende liggaam wat meningspeilings doen, het ’n geloofwaardige opname gemaak deur 2,000 opnames te maak deur direkte oog-tot-oog onderhoude te doen.

Benewens die jeug wat die land wil verlaat, het 20% van die werkende Russiese kiesers aangedui dat hulle graag die land sal wil verlaat, wat ’n styging van 3% is teenoor die vorige opname.

Die Russe sien twee state as die beste waarheen geëmigreer kan word, en stel Duitsland eerste en dan die VSA.

Die jongmense is gretig om die land te verlaat en alhoewel dit nie almal is nie, sê talle dat hulle net nie oor die finansiële vermoë beskik om t verhuis nie.