Ruimtetuig bereik rekord snelheid

’n Ruimtetuig wat deur die lug klief teen 25 keer vinniger as die snelheid van klank is ontwikkel en suksesvol getoets.

Die hipersoniese “vliegtuig” is so vinnig dat dit van Londen na New York vlieg in net minder as 60 minute.

Die tuig sal vanaf Londen na Australië vlieg binne die bestek van vier uur volgens die besonderhede wat vrygestel is deur ’n Ruimteagentskap in die Verenigde Koninkryk.

Die snelheid van die tuig veroorsaak dat geweldige hitte van tot 1,000 grade Celsius opgebou word wat met ’n spesiale verkoelingsmeganisme teengewerk moet word.

Die tuig is aanvanklik ontwerp om kosbare tegnologies apparate die ruimte in te neem en soos satelliete iewers in ’n wentelbaan geplaas te word,

Deskundiges is van mening dat die nuwe ontwikkeling die ruimtevaart ’n hupstoot kan gee, veral as groter afstand in die ruimte onderneem word.

Die deurbraak kan ook meebring dat hipersoniese missiel stelsel ontwikkel word wat nie deur vyandelike magte afgeskiet kan word nie.