Rooimiere takel plakkers

Die plakkers in Mamelodi-Oos is deur die Rooi Miere uitmekaar gejaag tydens ‘n skoonmaak proses by onvoltooide geboue. 

Rubberkoeëls is gebruik om meer as 100 plakkers te verwilder.  Die geboue is nog in aanbou met sanitasie en elektrisiteits koppelings wat nog gedoen moet word. 

Bewerings dat die geboue reeds drie jaar leeg staan lei glo tot frustrasie van die plakkers.  Inwoners het die regering gewaarsku dat hul Mamelodi onregeerbaar sal maak as daar nie behuising aan hulle verskaf word nie.