Rondloper leeu laat inwoners bevrees

Phalaborwa se polisie het inwoners van die dorp en omgewing gewaarsku teen ’n leeu wat in die omgewing rond beweeg en mak diere vang.

’n Motoris het die leeu gewaar wat naby die dorp se swart woonbuurt besig was om te vreet aan ’n koei wat hy neergetrek het.

Dit is die tweede leeu wat in die afgelope paar maande ontsnap het uit ’n wildpark en boere skade berokken het deur van hulle vee te vang.

Enkele weke gelede het ’n leeu uit die reservaat in die Karoo, en vir 260 kilometer na Sutherland se kant beweeg, terwyl hy gereeld jag gemaak het op boere se vee.

Die motoris sê die leeu het sy prooi gelos en gevlug toe die motor nader na hom kom, en kon moontlik in die rigting van ’n nabygeleë lokasie beweeg het.