Republikein kap Demokrate stukkend

Senator Ted Cruz

Die Amerikaanse Republikein, Senator Ted Cruz, het die linkse demokratiese Party van die land letterlik aan stukke gekap tydens ’n onderhoud op televisie.

Senator Cruz het ook maalvleis gemaak van die hoofstroom linkse media in die VSA en gesê die verslag van die Spesiale Raad van Robert Mueller oor die Russiese inmenging in die presidentsverkiesing het almal “van hulle asem beroof”.

Die Senator het ter aanvang in die onderhoud gesê dit was ’n goeie week vir President Trump en vir Amerika na Mueller se verslag die lig gesien het.

Hy sê alles in die Demokrate se media het die afgelope twee jaar gegaan oor die onderwerp terwyl hulle geen feite gehad het om die president te beskuldig nie.

Hulle bied nie verskoning aan nie, en hulle sê nie hulle het ’n fout gehad met verkeerde inligting nie, hulle is al weer met ’n nuwe aanval besi, het die senator uitgewys.

“En waarom doen hulle dit – hulle wil die president wat onskuldig is aan al die aantygings wat gemaak is in die afgelope 2 jaar, onthef kry uit sy amp as president, nie omdat hy iets verkeerd gedoen het nie, maar omdat dit Donald Trump is, die man wat dur die Demokrate gehaat word”, het Senator Cruz gesê.