Rekord handel surplus vir Februarie

Suid-Afrika het daarin geslaag om ’n rekord handel surplus te realiseer vir Februarie vanjaar wat byna R4 miljard beloop.

Die rekord is bereik met meer as R98 miljard se uitvoere teenoor ’n totale invoer van net meer as R94 miljard. Vir dieselfde tydperk.

Die welkome inligting kom verlede Vrydag net voordat Moody die status van Suid-Afrika onveranderd gelaat het en die Reserwebank die Repokoers oom onveranderd gelaat het.

Die rekord uitvoere van Februarie vergelyk uitstekend tenoor verlede jaar ooreenstemmende tyd, toe R0.85 miljard oorskot gerealiseer het teenoor die invoer van goedere.

Wat die rekord merkwaardiger maak is die feit dat die wêreld se handel die afgelope maande afgeplat het en kommer gelaat is dat dit die uitvoer van Suid-Afrikaanse goedere nadelig kon beïnvloed.