Regse Nigel Farage reg vir EU verkiesing

Nigel Farage

Nigel Farage, die bekende regse politikus in Brittanje, en voorstander van uittrede uit die Europese Unie, het met die stigting van sy “Brexit Party” ook sy kandidate aangewys vir die verkiesing van die Europese Parlement.

Farage het by die geleentheid die Britse Eerste Minister beskuldig dat sy die Britte verraai het en sê die “twee partye in die Britse politiek kon nie die uittrede uit die EU tot uitvoering bring nie.

Die nasionalistiese Farage is egter nie baie gewild onder die Britse kiesers nie vanweë sy skerp uitsprake teen die Konserwatiewe Party leiers se onvermoë om die Verenigde Koninkryk uit die Europese Unie te kry.