Regse Brexit Party dalk groter as Tories

Nigel Farage

Die voormalige Konserwatiewe Party parlementslid, Nigel Farage, se nuwe party in Brittanje, die Brexit Party, word beskou as potensiele regeerder in Brittanje.

Waarnemers reken die Brexit Party is besig om so vinnig te groei dat dit die grootste politieke party van Brittanje te word.

In die jongste meningspeiling word die nuwe party van Nigel Farage reeds as die voorloper aangedui, en sy groei kom hoofsaaklik uit die Konserwatiewe Party van Eerste Minister Theresa May.

Farage het voorheen die Verenigde Koninkryk Party, bekend as die Ukip gestig, maar later die party verlaat weens ongewensde elemente in die party.

Waarnemers wys daarop dat die moontlikheid al serker word vir ‘n grootskaalse oorwinning van die nasionalistiese groep in die Europese Parlement indien Brittanje gaan deelneem aan die verkiesing, met Farage se Brexit Party op die voorpunt.