Regering sê hy het ’n plan!

Aaron Motsoaledi

Die ANC se Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het omstanders probeer paai deur te sê dat die regering wel ’n plan het met immigrante wat in SA se hospitale beland.

Die minister het egter nie uitgewei om te verduidelik wat die plan behels nie, wat die vermoede laat bestaan dat die minister iets uit sy duim gesuig het.

Die groot aantal onwettige immigrante wat hulle wend tot Suid-Afrika se hospitale omdat mediese dienste ten noorde van die land uiters swak is, plaas geweldige druk op die gesondheidstelsel.

Talle klagtes is al geopper oor die instroming van onwettige immigrante wat gratis gehospitaliseer word op die koste van die belastingbetaler, maar tot hede kon die regering nie daarin slaag om ’n beleid uit te spel wat die toestand sal verlig nie.

Met nie minister se aankondiging dat die regering ’n plan het, is verwagtinge geskep dat die toestand onder beheer gebring gaan word, maar politieke ontleders sê die minister het geen plan nie en is met ’n verkiesings foefie besig.