Regering erken Prasa mislukking

Die ANC het erken dat Prasa, of te wel die spoorstelsel in SA,  misluk het in die afgelope dekade  Die regering se sogenaamde strategie om die krisis ten opsigte van spoorvervoer reg te stel, het nie geslaag nie en iets “drasties” is nodig om Prasa weer op die “spoor” te kry.

Dit is volgens Blade Nzimande, die kommunistiese Minister van Vervoer wat die afgelope naweek oor die aangeleentheid gepraat het.

‘n Taakspan sal glo binne 12 maande poog om dinge in plek te kry en uitbreiding van die stelsel, wat stagneer het, sal ‘n verdere 36 maande duur.