Ramaphosa spog met een belegging

Die ANC president, Cyril Ramaphosa, sê die belegging wat die Japanese motorvervaardiger Nissan wil maak, is ’n bewys dat die kritici verkeerd bewys is.

 Die Japanese voertuigvervaardiger se belegging van R3 miljard sal glo die produksie van voertuie verdubbel, en 1,200 nuwe werkgeleenthede skep met die uitbreidings wat Nissan by sy aanleg in Pretoria beplan..

Die ANC president sê die uitbreiding in ’n nuwe mylpaal in buitelandse beleggings, maar ekonomiese kenners sê dit is ’n druppel in die see van die miljoene werklose mense.

Vroeër het die president gesê hy het R100 miljard se beleggings bekom vir die land, maar later het dit geblyk dat dit beloftes is wat reeds oor tien jaar gemaak is maar nog nie nagekom is nie, en waarskynlik nooit gaan gebeur nie.