Ramaphosa se leuens teel aan

Cyril Ramaphosa

Die ANC president, Cyril Ramaphosa, het weereens daarin geslaag om leuens van die openbare verhoog te verkondig. Hierdie keer tydens ‘n verkiesings veldtog in Alexandria waar hy die inwoners verseker het dat die regering reeds 4 miljoen huise gebou het en ‘n verdere een miljoen gaan bou in Alexandria.

Ondersoeke by AfricaCheck het statistiek getoon dat die regering  ongeveer 3,3 miljoen huise gebou het sedert 1994. Wat egter nie vermeld word nie is die feit dat baie van die “huise” wat gebou is binne ‘n kort tyd onbewoonbaar geraak het.

Swak vakmanskap en die sub-standaard boumateriaal wat gebruik is deur SEB “maatskappye” wat hulleself boukontrakteurs noem.  Diesulkes het nie die kennis en vermoë gehad om huise volgens regulasies op te rig nie.