Ramaphosa se fobie oor die “ou Vlag”

Dit gaan ‘n mens se verstand te bowe dat ‘n sg. geleerde persoon wat as president van die reënboog-nasie die land regeer,  ‘n fobie het teen die ou landsvlag.  Dit lyk asof hy geen ander redenasie het om te voer as “aparthate” en die “old flag” nie. 

Ondermyning van eenheid van die “nasie” word nou voor die deur gelê van die Oranje Blanje Blou vlag van die verlede.  Hy kla oor die groot verskil tussen ryk en arm terwyl hy stink ryk is maar sy gepeupel verdrink in put toilette.  Hy besit duisende hektaar grond en eis dat diegene wat nie grond het nie nou skielik grond moet kry dmv. grond diefstal.

Hy prys  ‘n “nie-seksistiese”  land waar vroue regte bevorder word terwyl statistiek toon dat 100 verkragtings per dag plaasvind onder die vreemde vlag.  Dit beteken meer as 36,000 verkragtings per jaar,  volgens die aangemelde gevalle.

Na 25 jaar se gewaande demokrasie is daar meer geweld, meer korrupsie en meer rasse spanning as voor  die AenC die land op ‘n skinkbord ontvang het.

Hy vra ‘n oomblik van stilte vir vloed slagoffers maar laat nog steeds toe dat plakkers op rivierbeddings en onder die vloedlyn “huise” oprig.

Hy dans soos ‘n nar voor sy onderdane op die verhoog en dan word hy gereken as die een wat die land van bankrotskap en korrupsie kan red. Hy verkrag die regte van al die inwoners van die land en dan kerm hy oor ‘n vlag wat stabiliteit en vrede in die land gebring het tot en met 1994. 

Viva Uhuru, Viva Ramaphosa.

Hys Die Vlag.

Witman van Namakwaland