Ramaphosa nie oral gewild nie

ANC President Ramaphosa

Die afgelope naweek se besoeke aan verskillende swart woongebied van die ANC president, Cyril Ramaphosa, het getoon dat dit nie almal is wat hom in die komende verkiesing gaan steun nie.

Met sy besoek Saterdag aan die Rabie Ridge swart woongebied was hy waarskynlik glad nie welkom nie want die inwoners het later gesê hy het almal en sy eie tyd verkwis om so ’n kort rukkie daar te vertoef.

Min mense het opgedaag om hulle president te sien, en talle sê hy moes geleentheid gegee het om t hoor wat die kiesers se mening is, wat toe nie gebeur het nie.

Die ANC kan die verkiesing in Gauteng verloor as sy leiers nie ag gee op kissers se behoeftes nie, word gesê.

Meningsvormers reken die ANC se besoeke aan die lokasies is van geen betekenis nie aangesien daar geen wisselwerking in kommunikasie is met die inwoners nie.