Ramaphosa loop hom vas

Protesteerders in Grahamstad het die pad versper waarlangs die ANC se Cyril Ramaphosa sou reis vir sy verkiesings- en vryheidsdag toesprake.  Opstokers is deur die polisie uitmekaar gejaag, maar hulle het later terug gekeer met emmers vol menslike afskeiding – dit het hulle toe in die pad gestrooi.

‘n Woordvoerder van die protesteerders het gesê dat die emmers vol afskeiding ‘n bewys is van die probleme waar mense nog  met die emmerstelsel bedien word. 

Dit is egter nie die enigste plek in die land waar spoelstelsels nog nie in gebruik is nie, en verskeie kere oor die afgelope 25 jaar is beloftes gemaak dat die stelsels voorsien sal word.