Ramaphosa is in ’n dwaal

Die ANC president, Cyril Ramaphosa, is in ’n dwaal as hy dink enige regdenkende blanke wat die land verlaat het, sal terugkeer hierheen, behalwe om familie en vriende t besoek.

Die Vryburger het wye reaksie ontvang van lesers wat nou elders in die buiteland woon, en wat verneem het van Ramaphosa se oproep dat blankes moet terugkom na Suid-Afrika, en dat jongmense nie die land moet verlaat nie.

“Ramaphosa moet eers sy diskriminerende arbeidswette verwyder van die wetboek”, het ’n jongman uit Australië gesê.

Ons leef in vrede, werk saam met ander wel opgevoede mense, is weg van die kapings en rooftogte, vrees nie vir ons en ons kinders se lewens nie, en Ramaphosa dink ons moet dit alles eenkant gooi om weer in die morsige staat van hom te gaan krepeer”, was ’n leser in Brittanje se reaksie.

“Die swart regering se wette het ons gedwing om elders werk te gaan soek, waarom moet ons terugkeer na ’n land waar diskriminasie hoogty vier”, sê ’n jong moeder van drie kleuters in Ierland.