Ramaphosa en sy “problematiese” kandidate

ANC president

Politiese analiste meen dat die uitwys van kandidate wat nie geskik is om in die verkiesing te staan nie ‘n probleem inhou vir die ANC president, Cyril Ramaphosa. 

Indien hy sou optree en die kandidate verwyder gaan daar onmin ontstaan binne party geledere. Sou hy nie optree nie sal beleggers hom aanvat aangesien hy beloof het om korrupsie binne die party uit te roei. 

Dit maak dat daar geen optrede van Ramaphosa se kant sal geskied nie uit vrees dat die Zuma-kamp en lede binne die Nasionale Uitvoerende Komitee teen hom kan draai. 

Dit kan lei daartoe dat die party hom as president van die ANC uitskop, wat weer internasional gevolge vir SA het.  David Mabuza, Gwede Mantashe, Bheki Cele, Zizi Kodwa, Nomvula Mokonyane, Bathabile Dlamini en Malusi Gigaba is almal deel van die groep van 22 lede wat uitgewys is deur die integriteit komiese.  Ramaphosa staan egter ook agter die deur met sy beweerde betrokkenheid by die Bosasa skandaal en wat dit onmoontlik maak vir optrede teen die ander.