Protes optredes lei tot sluiting van paaie

Die hoofroetes in Pretoria, Johannesburg en Kaapstad moes gesluit word weens  protes optredes deur bandelose groepe.

Die betogers en klipgooiers het die een na die ander eis aan die regering geste, terwyl die polisie se onwilligheid, of onbekwaamheid weereens na vore gekom het deur nie die situasie te beheer nie.

Die N 1 na die noorde moes gesluit word tussen Hammanskraal en die Carosel afrit.  Die N4 Magalies-hoofweg was gesluit en die N2 tussen Somerset Wes en Kaapstad was geruime tyd gesluit vir verkeer.

In Johannesburg het betogers die paaie tussen Louis Botha en 9de straat blokkeer met brandende bande. 

Die land is in chaos terwyl die president op “toer” is om stemme te werf by wit, swart en bruin.