President van Columbië is terroriste teiken

President Ivan Duque

Die regering van Columbië het bekend gemaak dat hulle oor bewyse beskik dat die land se president, Ivan Duque, die teiken is van terroriste.

Die Prokureur-generaal sê di beplande aanslag op die president is bedoel om uitgevoer te word met ’n “hoogs presisie wapen”.

Die Veiligheidsmagte het met ’n intensiewe ondersoek begin na die beplande aanval wat gaan plaasvind gedurende ’n geskeduleerde ontmoeting met ’n spesiale komitee.

Die inligting wat ontvang is, dui daarop dat ’n groep gewapende terroriste  die aanval wil uitvoer, se die Prokureur-generaal, Nestor Martinez.

Dit is bekend dat die president sterk standpunt ingeneem het taan die optrede van sy buurland, Venezuela se president Maduro wat tans om hulp aanklop by Rusland.

Die vermoede bestaan dat Rusland agter die aanval sit om die uittog uit Venezuela na Columbië te keer van mense wat daarheen uitwyk om voedsel en ander noodsaaklike lewensmiddele te koop.