President van Brasilië vervang omstrede minister

Minister Abraham Weintraub

President Jair Bolsonaro van Brasilië het ’n nuwe Minister van Opvoedkunde aangestel nadat hy die omstrede voorganger afgedank het.

Ricardo Velez het sy bedanking as minister bekendgemaak na hy in omstredenheid verval het met sy uitlatings waaronder sy pleidooi is dat grootskaalse gevegte begin moet word teen “kulturele Marxisme”.

President Jair Bolsonaro  het die minister gevra om sy bedanking in te handig, en ht kort daarna die ekonoom, Abraham Weintraub, wat werksaam is by die Universiteit van Sao Paolo, aangewys as die nuwe minister.

Die onlangs verkose Jair Bolsonaro as nuwe president van Brasilië het onderneem om die korrupsie, dwelmmiddels bedryf en misdaad te bestry wat die land reeds vir dekades benadeel, maar hy wil ook ’n sterk basis vir opvoeding van die jeug vestig, en waarnemers reken hy het nou ’n uitstekende Minister van Opvoedkunde aangestel.