Premier May vra Brexit datum uitstel

Donald Tusk

In haar brief aan die president van die Europese Unie, Donald Tusk, vra premier Theresa May uitstel tot 30 Junie as uittree datum vir die Verenigde Koninkryk.

Intussen het die EU president gesê hy sal selfs met buigsaam wees en ’n volle jaar uitstel verleen sodat die Britte alles in plek kan kry voor hulle uittree.

Met die nuwe moontlikheid sal dit beteken die Verenigde Koninkryk sal ook deelneem as lidland aan die verkiesing van die Europese parlement wat op 26 Mei gehou word.

Die Vryburger verneem dat die Britte reeds begin het met hulle werk om die verkiesing te hou, en daar bestaan twyfel oor wie as kandidate gestel word.

Politieke waarnemers meen die moontlikheid word al sterker dat die Verenigde Koninkryk nie uitvoering gaan gee aan die wens van die kiesers van twee jaar gelede nie, en druk gaan op die Britse premier geplaas word om ’n tweede referendum te hou met die hoop dat die uitslag pro-Europese Unie lidmaatskap sal wees.