Politici en die Paasnaweek

Maimane en gade

Die politici van die land het nie die geleentheid laat verbygaan om Goeie Vrydag te misbruik om hul beeld en sigbaarheid te probeer verbeter en om stemme te werf vir die Mei verkiesing nie. 

David Mabuza het die Zion saamtrek buite Pietersburg besoek waar duisende Zioniste saamgetrek was vir hul Paasfees verrigtinge. 

Julius Malema is saam met Mabusa opgemerk by die saamtrek.  Maimane en sy blanke vrou het die Grace gemeente in Johannesburg bygewoon terwyl die ANC regoor die land met groot okkasie ontvang is by verskeie kerke wat klaarblyklik sterk politieke verbintenisse het.