Polisie onbekwaam om orde te herstel

Protes optredes in Alexandra, Vereeniging en Bekkersdal duur reeds ‘n week lank en SAPD het aangekondig dat hul personeel sal ontplooi om wet en orde te herstel.

Rubberkoeëls is Dinsdag in Bekkersdal gebruik om plundering van besighede te stop.  Die Ned.  Hervormde Kerk Wes-Moot is met petrol bomme bestook en toerusting van die kerk is gesteel.

Die polisie het wild en wakker op betogers gevuur met rubber ammunisie, en het later uit voorraad geloop wat net veroorsaak het dat die chaos verder toeneem.