Pick n Pay maak groot winste

Die tweede grootste kettingwinkelgroep van Suid-Afrika het met die einde van sy boekjaar die beste wins getoon vir die afgelope dekade.

Die Groep se winste en algemene handel het met die koms van Richard Brasher, die voormalige hoof van Tesco in die Verenigde Koninkryk, ’n positiewe verandering ondergaan wat uiteindelik gelei het tot vanjaar se wins van R1,64 miljard.

Die maatskappy se verspreiding, en die verhoging in verkope van eie etiket produkte, sowel as die kaart stelsel vir kliënte, is deel van die sukses wat behaal is.

Die wins wat na belasting R1,54 miljard beloop, is ’n styging van 20% te midde van ’n uiters teleurstellende ekonomiese toestand waarin die land verkeer.