Paasfees misdaad plaag gevrees

Die land se besighede is bevrees dat aanvalle deur bendes en gewapende rowers die Paasnaweek gaan toeneem. Verlede jaar het daar ‘n toename van 16% plaasgevind tydens die Paasfees periode.   

Aanvalle vind veral in die tyd plaas weens die hoë omset van sake en die gepaardgaande kontant in omloop is.

Vrees is ook uitgespreek dat die besige paaie weer ’n slagting kan veroorsaak onder motoriste en onverantwoordelike voetgangers.

Drank misbruik, roekelose bestuurders, onpadwaardige en oorlaaide voertuie is gewoonlik die hoofredes vir padongelukke, terwyl bestuurders sonder ’n wettige bestuurslisensie ook in die verlede verantwoordelik was vir talle ongelukke.