OVK verwerp alle besware

\

Die Onafhanklike Verkiesings Kommissie (OVK) het 51 van die 52 besware wat teen kandidate geopper is, van die hand gewys. 

Slegs die beswaar teen die vorige PAC president, Alton Mphethi, is gehandhaaf.  Dit beteken dat persone soos Malusi Gigaba, Bathabile Dlamini en Nomvula Mokonyane as kandidate kan staan in die komende verkiesing.

Die ANC is blykbaar besig om deur hul “integriteit komitee” kandidate se besonderhede na te gaan wat die party se naam glo in oneer gebring het.