Opgevoeterde opvoeding

Wat aanvanklik ’n modelstaat van Afrika was, het nou verkrummel tot ’n derderangse piesangrepubliek wat waarskynlik nooit weer sy oorspronklike status sal bereik nie, want een saak het alles beduiwel: Opvoedkunde.

Die ANC regering, met sy “ek wil hê” mentaliteit het nie gesorg dat sy onderwysers opgelei word soos wat enige beskaafde land doen nie, en met sub-standaard leerkragte is sub-standaard onderrig aangebied.

Die leerlinge uit daardie agtergrond het op enkele uitsonderings na, die een na die ander swak gevaar in naskoolse opleiding.

Dit het gelei tot swart ouers se poging om hulle kinders na die tradisionele blanke skole te stuur ten einde behoorlike opleiding te kry.

Die instroming van anderskleuriges in die skole het gelei tot eise om in Engels onderrig te word, en daarmee is moedertaal onderrig finaal die nek ingeslaan in talle skole vir swart, wit en bruin leerlinge.

Met die gesukkel om behoorlik onderrig te word in die taal van die onderdrukker, het die beste skole al swakker presteer, en die leerlinge uit daardie skole het weereens gesukkel om te presteer in die naskoolse opleiding by universiteite.

Die ANC regering het uit die staanspoor met ’n skewe beleid die onderwys benader toe hulle die onderwyskolleges waar onderwysers opgelê is, tot niet gemaak het – klaarblyklik omdat dit blanke instellings was.

Die bedoeling was dat onderwysers nie ’n diploma moet kry nie, maar gegradueer moet wees – maar daardie droom het gelei tot die situasie waarin Suid-Afrika nou verkeer – sy opvoedkunde is opgefoeter.