Onrus duur voort na staatsgreep in Soedan

Die Soedannese diktator, Omar al-Bashir, is na 30 jaar van regeer in Soedan, deur die militêre mag uit sy pos verwyder.

Te midde van die gejuig van die beswaarmakers wat in hulle duisende betoog het, was die skok groot toe hulle moer hoor dat n militêre leier, ene Luitenant-generaal, Awad vir die volgende twee jaar beheer oor die land gaan neem.

Die burgerlikes het by die aanhoor van die aankondiging, onmiddellik hulle optogte hervat gedurende die afgelope naweek.

N Dag nadat die luitenant-generaal aangekondig het dat hy beheer neem oor die land se regering, het hy geswig voor die optrede van n woedende skare, en binne 24 uur sy bedanking aangekondig.

Die leiers in die burgerlike skare het later geseq hulle sal nie ophou betoog alvorens n regverdige verkiesing gehou is en n burgerlike regering aan bewind gestel word nie.