Onluste gedurende en na verkiesing

Die komende algemene verkiesing op 8 Mei het reeds tekens getoon van emosie belaaide woede wat kan opvlam, veral as bepaalde politieke partye nie aan die verwagtinge voldoen met di uitslae daarvan nie.

Deskundiges wys daarop dat dit verstandig is om van nou af tot ’n geruime tyd na stemdag die nodige veiligheidsmaatreëls in plek te hou om huis en haard te beskerm teen moontlike aggressors.

Die wenslikheid om met bure en vriende te kontak en kontak besonderhede uit te ruil, is ’n verstandige maatreël wanneer hulp ter sprake is.

Standaard veiligheidsmaatreëls, tesame met voldoende  voedselvoorraad en nood medikasie bly ’n belangrike komponent om die gesin te beveilig.

Ouers behoort hulle hele gesin te betrek by noodplanne en moet ook seker maak dat elkeen weet wat gedoen moet word wanneer ’n krisis opduik.

Die Vryburger wil nie “wolf-wolf” skree nie, maar wil ook nie sien dat lesers in onsmaaklike situasies beland omdat hulle nie voorbereid en paraat was nie.