Oekraïne verwerp Russiese taal

Volodymyr Selenskyj

Die Parlement van die Oekraïne het wetgewing deurgevoer wat die taal van die Oekraïne as die amptelike landstaal verklaar en Russies verwerp.

Kenners wys daarop dat dit ingrypende veranderinge meebring aangesien TV programme, staatsdepartemente. Skole en universiteite voortaan aangewys is om nie meer van Russies gebruik te maak in aanbiedinge nie.

 Die Poetin regering het die nuwe reëling in die Oekraïne skerp gekritiseer, maar die wetgewing is so streng geformuleer dat doktors en prokureurs moet in die landstaal pasiënte en kliënte bedien.

Die parlement het die nuwe wet deurgevoer enkele dae nadat die land se president die verkiesing verloor het teen die vermaaklikheid kunstenaar wat 73% van die stemme getrek het.

Volodymyr Selenskyj is verkies as nuwe president van die land, en sal waarskynlik sy kabinet binnekort aanwys.

Selenskyj praat meestal Russies en stel hom ten doel om betrekkinge met Rusland te verbeter, en dit was ook deel waarom hy die verkiesing gemaklik gewen het