Oekraïne verkiesing lewer verrassing

Volodymyr Zelensky

President Petro Poroshenko van die Oekraïne het swak gevaar in die eerste rondte van die land se presidentsverkiesing wat die afgelope naweek gehou is.

President Poroshenk se sterkste opponent, die nuweling in die politiek is Volodymyr Zelensky wat net meer as 30% van die stemme getrek het teenoor die president se 18% laat die verwagting dat die president ’n hewige stryd gaan ondervind in die tweede rondte.

Die derde beste presteerder is ’n voormalige Eerste Ministe wat 14% van die stemme getrek het.

Die volgende rondte wat ook die finale een is, vind plaas op 21 April wanneer die stryd uitgewoed word tussen die president en Volodymyr Zelensky wat sy bekendheid verwerf het as hoofrol vertolker in ’n film waar hy as die president optree.

Hy word beskou as die best komediant wat die Oekraine nog opgelewer het, en sal waarskynlik die presidentsverkiesing wen, wat tot hede nog net vir hom ’n droom is.