OB wil Gordhan se naam “skoon” kry

Busisiwe Mkhwebane

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, sê sy het slegs probeer om Minister Pravin Gordhan se naam “skoon” te kry om daarmee ’n geskil tot ’n einde te bring.

Mkhwebane beweer dat die minister inmeng met haar ondersoek nadat Gordhan sy regsverteenwoordiger op haar gesit het.

Die ondersoek word gedoen na aanleiding van die sogenaamde privatisering van die SA Reserwebank waaroor die minister beskuldig is.

Die OB het vroeër die tyd verleng aan Gordhan om te reageer op beskuldigings dat hy betrokke was in die aangeleentheid, en beweer noudat sy daarmee geleentheid wou skep om die minister se naam skoon te kry van beskuldigings.

Sy het aan die media gesê die minister behoort eerder bly te wees dat die aangeleentheid tot finaliteit gebring word, maar toe begin hy inmeng in die ondersoek van ’n klag wat gelê is dur die EFF.