Nuwe hoof van SAID sal streng optree

Edward Kieswetter

Die nuwe Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) sê hy is van plan om op te tree, ongeag wie daarby betrokke mag wees, om die instelling weer reg te ruk.

Die SAID het tydens die beheer van Tom Moyane, ernstige terugwaartse tree gegee wat die inkomste wat die staat moes kry, met miljoene Rand benadeel het.

Kommissaris Kieswetter sê hy sal mense en instansies vreesloos vervolg sonder aansien des persoon om die Inkomstediens se belange te dra.

Die nuwe kommissaris van die SAID is aan die einde van Maart deur die ANC president aangestel om aan die begin vanaf Mei sy nuwe pos te beklee.

Hy volg Moyane op wat aan die einde van November verlede jaar afgedank is deur die president.