Nuusflitse

SAID soek geld

Berigte is ontvang dat die Belastinggaarder (SAID) besig is om ANC politici en besigheidsmense te ondersoek wat betrokke was by Bosasa se “skaduagtige” saketransaksies.  Belasting eise van soveel as R250 miljoen is glo betrokke, en Nomvula Mokonyane asook Dudu Myeni is in die berig genoem.

DA gebruik Mandela

Die DA gebruik nou ook die terroris Nelson Mandela se naam om stemme te werf vir die komende verkiesing. ‘n Groot  buitelug advertensie is opgerig in Johannesburg waarin gevra word dat Mandela se visie van “Een Suid-Afrika” vir almal ondersteun moet word.

Speurhoof gearresteer

Die speurhoof van Driekop polisie is saam met ‘n medepligtige in hegtenis geneem op klagte van korrupsie, afpersing en dwarsboming van die gereg.  Die Valke bevelvoerder in Verre Noord-Transvaal het sy teleurstelling uitgespreek oor die optrede van ‘n offisier.