Nuusflitse

Brandstof prys vooruitsig

Die daling in die Rand se waarde asook die hoë olieprys kan beteken dat motoriste in Mei  ‘n verdere verhoging van R0-51 per liter sal  moet absorbeer.  Diesel sal na verwagting met 5 sent styg.

Myners afgedank na staking

Die Wescoal steenkoolmyn het 274 werkers afgedank na gewelddadige stakings.  Dit sal beteken dat lewering van steenkool aan Eskom  die volgende weke beïnvloed kan word aangesien produksie ses tot agt weke gestaak sal word.  Die eiendom en toerusting van die myn is beskadig in die protesoptredes.

“Oorlog” dreig tussen Rooimiere en plakkers

Plakkers in die Ironside gebied buite Vereeniging het gedreig dat daar oorlog gaan wees as die Rooimiere hul plakkershutte gaan verwyder. Die Midvaal munisipaliteit het ‘n hofbevel verkry teen die plakkers wat onwettig op munisipale grond strukture opgerig het.

Finansies in die reënboog land

In ‘n verslag deur ENB se uitleen afdeling, FirstRand word gesê: “ Vir die eerste keer in meer as ‘n jaar verwag verbruikers nie dat  SA  se ekonomie gaan verbeter oor die volgende 12 maande nie”. Verbruikers vertroue het van 26 punte gedaal ma m skrale  2 punte,