Nuusflitse

Brand geblus op Seinheuwel

‘n Brand wat vroeg Maandag oggend op Seinheuwel, Tafelberg, uitgebreek het is vinnig geblus deur die Kaapstadse Brandweer personeel.  Die oorsaak van die brand is nie bepaal nie.

Blade blameer sinistere magte

Die Minster van Vervoer, Blade Nzimande, sê daar is sinistere magte aan die werk om die goeie werk wat die ANC gedoen het af te breek.  Twee treine, elke met ses waens, is deur brandstigters vernietig op die Kaapse stasie.