Nuusflitse

Cyril waarsku lui staatsamptenare

Die ANC se president Ramaphosa het gedreig om teen lui staatsamptenare op te tree. Dit volg na maande se betogings weens swak dienslewering.  Nou versoek hy gemeenskappe om die ANC die geleentheid te gee om dit wat gebreek is te herstel.  Hy vra verder dat gemeenskappe nie die ANC moet straf by die stembusse nie aangesien die regering planne het om die probleme op te los. 

EFF se LP beaam Malema se misbruik

‘n  EFF  parlementslid, Zolile Xalisa, het die leier van die radikale party daarvan beskuldig dat hy die party bestuur soos sy ”toilet, slaapkamer, kombuis en boot.”   In ‘n brief van drie bladsye beskuldig Zolile vir Malema daarvan dat hy heffings wat van  parlementslede en lede van die provinsiale regering verhaal, gebruik het om funksies aan te bied vir senior lede van die party om sy skuldige gewete te sus.   R427,000  se heffings is glo ter sprake en dit is nie bekend of vervolging ingestel sal word na ’n ondersoek hom skuldig bevind het nie.

Twee treine brand in Kaapstad stasie

Ten spyte van die groot bohaai oor trein veiligheid en Ramaphosa se onthulling van twee nuwe treine is daar op Sondag 21 April 2019 weer twee treine aan die brand gesteek in Kaapstad se stasie.  Beide trein met vyf waens was in ligte laaie met die aankoms van Brandweer personeel.

Transnet amptenare op die soustrein

Verskeie senior Transnet amptenare word tans ondersoek vir beweerde onreëlmatige ontvangs van miljarde Rand  vir die toekenning van kontrakte.  R8 miljard is betrokke by 10 kontrakte wat tussen 2012 en 2017 toegeken is.  Verdere bewerings toon dat meer  as R 92 miljoen in omkoopgeld deur die Gupta beheerde Homefix rekening “gewas” is.