Nuusflitse


Wie befonds die partye

‘n Nie-winsgewende organisasie MyVoteCounts(MVC)  het ‘n lys die lig laat sien oor befondsing van politieke partye.  Die ANC ontvang geld van Bosasa, die Guptas, VBS Bank, die Sjinese Kommunistiese Party, Sanlam, Anglo American en MTN. 

Listereose en Tiger Brands

Die land se grootste voedselvervaardiger, Tiger Brands, gaan ‘n klas-aksie saak teenstaan.  Dit volg na die uitbreek van Listeria wat gelei het tot die dood van meer as 200 persone. Die oorsaak was uiteindelik bepaal by ‘n fabriek wat deur Tiger Brands bestuur is.

Dwelmhandel en die jeug

Die handel in dwelms en veral Heroine is besig om daagliks te eskaleer.  Navorsers skets ‘n donker prentjie vir die jeug van die land weens beperkte rehabilitasie fasiliteite.   Polisiebeamptes word ook in die ondersoek uitgewys weens die aanvaarding van omkoopgeld van dwelmsmokkelaars wat aan bende geweld gekoppel word. Sowat 100,000 mens in SA is aan heroin verslaaf.