Nuusflitse

Transformasie in die privaatsektor

Volgens Ramaphosa sal transformasie in die werksplek nou ook in die privaatsektor verhaas word.  Wetgewing sal afgedwing word om te verseker dat die privaatsektor soos die openbare sektor sal transformeer.

Eskom werkverliese

Die hoof van Eskom het werkers laat weet dat vroeë aftree pakkette, natuurlike uittrede en vrywillige skeidingspakkette sal verseker dat  personeel tegemoet gekom word om die negatiewe effek van werkverliese te absorbeer ontbondeling van Eskom.

Numsa dreig Comair met staking

Die vakverbond Numsa het Comair kennis gegee dat hulle voortgaan met hul beplande staking.  Hulle eis gelyke betaling vir gelyke werk.  Comair is besig om planne gereed te kry om die inpak van die staking te minimaliseer.

Nog ‘n skool besteel

‘n Skool in Midrand het deurgeloop onder diewe.  Die Rambuwani Primêre Skool in Klipfontein se rekenaars en kontant is Maandag nag deur diewe weggedra.