Nuusflitse

Nog ‘n petrol skok

Vuisvoos motoriste is in vir ‘n verdere prys verhoging van petrol in Meimaand.  Volgens die AA se voorspelling kan petrol met ‘n verdere 56 sent per liter styg.  Die beter nuus is dat diesel met ‘n “enorme” 5 sent kan daal.

Anargie duur voort

Mobiele klaskamers is in Ennerdale aan die brand gesteek weens die versuim om die skool se dak te herstel na stormskade. Weereens die sinnelose verwoesting van infrastruktuur en die reaksie van die departement: Om skole op te gradeer sal glo R5miljard beloop.

Top Rolbal lid in moord/selfmoord

Die SA Rolbal gemeenskap is geskud met die moord op Elma Davis deur haar man Trevor. Trevor Davis het daarna homself geskiet. Trevor was ‘n lid van die uitvoerende bestuur van Rolbal SA terwyl Elma Davis onlangs verkies is om SA te verteenwoordig in Wallis in ‘n internasionale kompetisie.  .

Apartheid name verwyder

Die Minister van Kuns en Kultuur Nathi Mthethwa het aangekondig dat die ANC-regering so spoedig moontlik alle openbare plekke wat vernoem is na koloniale en apartheid-persone sal verander word aangesien daar dan rekonsiliasie in die land sal plaasvind.

Speelgoed reus onttrek babastoel

Die Mattel beheerde groep Fisher Price het sy “RuknSpeel” slaapstoel aan die mark onttrek na die dood van meer as 30 babas in die VSA.  Die Vereniging van Pediaters het geruime tyd reeds gewaarsku teen  baba stoele waarin die kind nie vasgemaak word nie.   Sowat 5 miljoen van die stoele word tans aan die mark onttrek.  Die meeste babas het gesterf nadat hul omgerol het op hul maag en daardeur versmoor het.