Nuusflitse

Bankrot lot se Spandabelrigheid

In ‘n tyd waar die land ekonomies swaarkry het die ANC regering aangekondig dat bykans R750 miljoen spandeer gaan word aan ministers wonings en staats geboue. 

Die Uniegebou se matte sal vervang word teen R5 miljoen terwyl R29 miljoen aan sekuriteitshekke en ‘n hondehok uitgegee sal word.

‘n Minister se kombuis en badkamer in Rondebosch sal teen R1 miljoen verbeterings ondergaan.

Spar onder die soeklig

Die Supermark groep Spar word ondersoek deur die Kompetisie Kommissie nadat die groep Suid Afrikaans vervaardigde sigarette van hul rakke verwyder het.  Dit is deel van die sage tussen die multi-nasionale sigaret vervaardigers en Suid Afrikaanse  produsente.