Nuusflitse

Misdaad hoof skuldig aan veediefstal

Die vorige Misdaad Intelligensie hoof in Elliot, Oos-Kaap, ene Kaptein Ndzima Dweba, is skuldig bevind aan diefstal van 16 skape en nege bokke in 2012.  Hy het sy staatsvoertuig gebruik om die diere te steel.  Hy  sal op 9 Julie gevonnis word.

Sewentien gearresteer in Blackheath

Sewentien opstokers is in Blackheath, Kaapstad,  gearresteer nadat ‘n groep van meer as 1,000 betoog het in die area.  Petrolbomme is in die area gegooi, en die protes gaan glo oor dienslewering. Sake bedrywighede asook vervoer na en van die gebied is deur die optrede beïnvloed.

Somerset Wes se grond word beset

Polisie en grondbesitters het Woensdag gebots in Somerset Wes wat gelei het daartoe dat sekere dele van die N 2 snelweg gesluit moes word .  Motors is met klippe bestook en bande is op die snelweg aan die brand gesteek.  Dit volg nadat plaaslike plakkers gepoog het om strukture op te rig op privaat grond langs die N2.  Een van die sg. 350 opstokers is in hegtenis geneem.