Nuusflitse

Wes-Kaap moorde styg

Die Wes-Kaapse LUK vir Gemeenskaps Veiligheid Alan Winde het bekend gemaak dat daar 341 moorde in Maart 2019 plaasgevind het in die Wes-Kaap. Dit ten spyte van Bheki Cele se stellings dat misdaad bekamping besig is om resultate op  te lewer.  Die afgelope jaar vind daar daagliks 10 moorde per dag in die provinsie plaas.

Vermeende moordenaar gevang

‘n Man wat op parool uit was is in hegtenis geneem vir die moord op die 77-jarige Martie Louw in Vredendal die naweek.   Louw is met ‘n mes gedood.  Dit word beweer dat die persoon wat in hegtenis geneem is werksaam was by die kompleks waar Louw gebly het.