Nuusflitse

Jan van Riebeeck – die krimineel

Volgens  Nathi Mthethwa het die aankoms van die “veroordeelde krimineel” Jan van Riebeeck die dood veroorsaak van Solomon Mahlangu – 327 jaar na sy aankoms op 6 April 1652.  Mahlangu is ter dood veroordeel op aanklagte van moord en was ‘n lid van die MK terroriste

Drie  Valke in hof

Drie Valke is Vrydag deur hul kollegas gearresteer op klagtes van korrupsie, intimidasie,  dwarsboming van die gereg en uitbuiting. Dit volg na die drie ‘n Midrand besigheids man afgepers het nadat hy in besit gevind is van onwettige dokumente.

BAT skuld SAID R143 miljoen

Die SAID het bekendgemaak dat die plaaslike tak van British American Tobacco meer as R143 miljoen verskuldig is aan die Belastinggaarder.  Dit weens beweerde belasting-bedrog en -ontwyking.  BAT het intussen die bewering ontken en gesê dat SAID hulel R30 miljoen skuld.

Twee deelnemers in Ysterman sterf

Twee deelnemers aan die Afrika Ysterman kompetisie in Port Elizabeth het gesterf tydens hul deelname. Volgens ’n woordvoerder het een deelnemer ‘n hartaanval gehad tydens die swem item, en die tweede het aan konvulsies gesterf. Die twee is geïdentifiseer as Leon Stanvliet van George (63) en Andre Trichardt van Durban (58) .

Honderde Sub-Kontrakteurs in gevaar

Die aansoek van Groep 5 vir beskermde bankrotskap kan daartoe lei dat honderde sub-kontrakteurs in die boubedryf hul sake-ondernemings sal moet sluit. Uitstaande skuld van Groep 5 aan die sub-kontrakteurs beloop miljoene Rand en van die kontrakteurs sal nie hul verpligtinge kan nakom nie.

Vrou vermoor in Vredendal

Martie Louw (77) is Vrydag 5 April 2019 wreed in haar huis in Vredendal vermoor.  Louw het onlangs verhuis vanaf Bloubergstrand nadat sy van haar handsak beroof is in ‘n winkelsentrum.