Noorweë konsentreer op e-motorvoertuie

In Noorweë het die koperspubliek nou voluit gegaan om die tradisionele binnebrandmasjien te vervang met ’n nuwe elektries aangedrewe motorvoertuig.

Die vloedgolf is so sterk dat die elektries aangedrewe (e-motor) se verkope die brandstof modelle verbygesteek het.

Die Noorweegse hoofstad roem daarop dat hy die Europese Groen Hoofstad van 2019 genoem word wat ook die doelwit het om net eklekties aangedrewe motors te verkoop teen die jaar 2025.

Noorweë Eklektiese Voertuig Assosiasie het aangekondig dat 58,4% van alle nuwe voertuie wat in Maart verkoop is, e-motors is.

Noorweë is een van die wêreld se grootste olie en gas produsente maar het besluit om die inwoners aan te moedig om hul nuwe voertuig ’n e-motor te maak.

Om kopers aan te moedig het die owerheid die registrasiekoste en verkoopsbelasting op e-motors drasties verminder, en word vir ’n tydpek ook vrygestel van tolgeld op die snelweë.