Noord-Korea hervat wapen toetse

\

Di kommunistiese Noord-Korea het “onverwags” met wapen toetse begin van “kragtige oorlogstuig”, sê ’n die land se staatsbeheerde nuusagentskap.

Die land se leier, Kim Jong-un het die jongste toetse bygewoon, maar dit is onbekend watter soort wapentuig aan toetse onderwerp word.

Die nuwe wending vind plaas te midde van moontlike samesprekings wat kan volg tussen Kim en die Amerikaanse president, Donald Trump.

Volgens die nuusagentskap het die militariste se wetenskaplikes ’n “nuwe wapen stelsel” ontwikkel wat nou aan toetse onderwerp word.

Die wapen wat klaarblyklik net ’n nuwe missiel is, word egter ’n “oorlog kop” genoem om daarmee te probeer voorkom dat die VSA geheel en al onttrek uit samesprekings.

Kim Jong-un het na afloop van die beweerde suksesvolle toetse, gesê die projek is ’n gebeurtenis wat gewig dra en hoogs effektief is.

 Deskundiges van die VSA reken die toetse is ten opsigte van kort afstand missiele, wat deur die kommuniste beskou word as hulle “staal muur” teen moontlike aanvall.