Nog ’n VSA Demokraat teen Trump

Joe Biden

Die voormalige Visepresident, in die Barack Obama regering, het aangekondig dat hy die stryd gaan aanknoop teen President Donald Trump in die 2020 presidentsverkiesing van Amerika.

Die linkse politikus, Joe Biden, het amptelik aangekondig dat hy in die wedloop is, maar hy moet eers die stryd kan wen tussen sy mede Demokrate waarvan die selfverklaarde sosialis, Bernie Sanders, waarskynlik sy grootste teenstander in die stryd sal wees.

Eers nadat Biden almal oortuigend gewen het, sal sy stryd teen Trump kan begin,

Biden het in sy rede gesê dat die VSA nie vir Donald Trump in die Wit Huis kan hou vir agt jaar nie, want dit sal die karakter van die nasie fundamenteel verander, asook die ganse karakter van die nasie.

Joe Biden was agt jaar visepresident onder Obama, en het verlede maand in omstredenheid verval toe verskeie dames van die Demokratiese party gekla het oor sy gedrag teenoor hulle.

Intussen het verskeie Demokrate Joe Biden gekritiseer en gesê hy is hoegenaamd nie geskik as presidentskandidaat nie want hy is vêr agter die tyd, en reeds te oud om dinamies te wees.