Nog beskuldigings teen Ace

Ace Magashule

Die ANC se Sekretaris-generaal, Ace Magashule, het beskuldigings verwerp wat teen hom ingebring is dat hy gepeuter het met die kandidate lys vir die komende verkiesing.

Hy sê die lys is op deursigtige wyse hanteer en die verslag wat Sondag in die media verskyn het, is vals.

Volgens koerantberigte het ’n ANC lid wie anoniem wil bly, gesien dat Ace Magashule met die kandidate lys peuter.

Die bewering word gemaak dat hy die lys “gedokter” het wat aan die Onafhanklike Verkiesings Kommissie gegee is.

Die naamlys is die ANC se  kandidate wat na die verkiesing as lede van die parlement sal optree, en is in ’n bepaalde volgorde opgestel wat verkies is afhangende van die persentasie stemme wat verkry is.

Alhoewel die Sekretaris-generaal die beskuldiging verwerp, sê die klaer dat hy wel een naam verander het op die lys.

Vermoedens bestaan dat Ace Magashule, wat ’n Zuma ondersteuner is, wel met die lys kon gepeuter het ten gunste van die Zuma-kamp.