Nissan Raadslid summier afgedank

Die aandeelhouers van die Japanese voertuig vervaardiger Nissan het in ’n spesiale vergadering die besluit van die Raadslede bekragtig wat Carlos Ghosn uit gestem het as direkteur.

Die afsetting as direkteur het gekom weens beweerde ongerymdhede met finansiële sake van die maatskappy.

Carlos Ghosn, die voormalige voorsitter van die Nissan Motor Maatskappy se verbintenis met Nissan is Maandag finaal beëindig dur die aandeelhouers se besluit, wat waarskynlik ook rimpelings in die wêreldwye handelsnetwerk sal maak.

Ghosn is die afgelope week vir ’n tweede keer gearresteer in Tokyo terwyl hy op borg uit was vir die eerste keer se vervolging.

Die arrestasie hou glo verband met weerhouding van inligting oor sy salaris wat aan die Ontvanger bekend gemaak moes word.

Hy is vroeër op borg van $9 miljoen vrygelaat, wat aandui hoe ernstig die oortredings is waarvoor hy nou vervolg word.